GESTIG DEUR ALBERT VAN WYK
Albert het altyd gewens dat daar ‘n entrepreneur na sy skool toe kon kom wat as ‘n mentor kon dien om hom te help met sy hoërskool besighede. Nadat hy toe sy EERSTE MILJOEN gemaak het op 22 jaar oud, het hy dit sy lewens missie gemaak om jong Hoërskool entrepreneurs te mentor en te help om ook miljoenêrs te word. Dus, is die doel van die Maak My ‘n Miljoenêr TV reeks tweeledig:
1. Bewusmaking van entrepreneurskap by skole
2. Bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning
KYK ONS TV REEKS
Woensdae aande 19:30 OP ViaTV Kanaal 147 vanaf 28 Augustus 2024
KYK VERLEDE JAAR SE REEKS
HIER IS WAT VORIGE JARE GEBEUR HET
Albert en sy span het 16 skole besoek en meer as 13 000 leerders toegespreek my sy positiewe boodskap oor entrepreneurskap.
Die wenner van die reeks was Matthew Blauw vanaf Hoërskool Oos-Moot. In tweede plek was Larissa Kamstra Hoërskool Die Menlopark van Die Hoërskool MenloPark en in derde plek was gedeel deur Mia Ludik vanaf Helpmekaar Kollage en Dané Schonborn vanaf Teneo Tuisskool.
Die TOP 10 het ‘n gesaamentlike Turnover van R359 100 ingebring met ‘n profyt van R152 312,77 en het ‘n totale besigheidsgroei van 4 252% gewys met SLEGS 8 MAANDE se mentorskap.
Albert en sy span het 40 skole besoek en meer as 42 000 leerders toegespreek my sy positiewe boodskap oor entrepreneurskap.
Die wenner van die reeks was Shaniqua Steenkamp vanaf Hoërskool Dr. E.G. Jansen. In tweede plek was Andrè Smit van HTS John Vorster en in derde plek was Phillip Bredenhann vanaf Hoërskool Hans Strijdom
Die TOP 20 het ‘n gesaamentlike Turnover van R1,2miljoen ingebring met ‘n profyt van R514 000 en het ‘n totale besigheidsgroei van 52 936% gewys met SLEGS 8 MAANDE se mentorskap.
WIL JY ‘N MILJOENêR WORD?
Jy kan dieselfde kursus doen wat Albert vir al die “Maak My ‘n Miljoenêr” deelnemers gee.
Begin vandag!